![Op pad na Moormansgat [On the Road to Moormansgat]](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fm.media-amazon.com%2Fimages%2FI%2F51tEk-9qQHL._SL240_CATL%2C225%2C225_RO112%2C1%2C0%2C0%2C0%2C0%2C0%2C0%2C8_.jpg&w=3840&q=75)
Op pad na Moormansgat [On the Road to Moormansgat]
あらすじ
’n Epiese geskiedkundige roman deur die bekroonde skrywer Chris Karsten. In die kleine handel dit oor die tragiese gebeure een aand in 1914 toe die Boeregeneraal Koos de la Rey op pad na ’n beplande rebellie noodlottig gewond is. Die teiken was die berugte bendelid William Foster, op vrye voet iewers in die wye Johannesburg. Dat De la Rey in die spervuur beland het, was pure toeval. Of was dit? Op pad na Moormansgat is een groot, verweefde tapisserie waarin die verhale van vele vertel word, oor dekades heen en uit alle lae van die samelewing. Dis die storie en nalatenskap van Billy Foster se dogter, Helena, op soek na haar herkoms; dis die trawalle van die hensopper Segrys Heyns en sy agterryer Tappies Mahlangu; die speurtog van poliesman Isak Heyns, op soek na die gewetenlose moordenaars wat ’n driejarige seuntjie se familie eensklaps uitgewis het, en die moontlikheid dat die aanvallige jong vrou Helena aandadig aan die moorde kon wees. ’n Merkwaardige en veelvlakkige geskiedkundige r